Marietjie Wag-'n-Bietjie

In Kerkstraat, Aberdeen
Woon Marietjie alleen
Op haar dag kon sy ’n kop of twee laat draai
Maar Marietjie van der Heever
Wag haar hele lewe

Iemand het haar wel gevra in neëntien sestig in De Aar
Marietjie, o Marietjie wil jy dans
En sy sê toe vir hom, Niekie
Nie nou nie, wag ’n bietjie

Marietjie, o Marietjie, o Marietjie wil jy dans
My hart is vol van liefde, Marietjie vat 'n kans
Ja, my hart is vol van liefde en dit voel of dit wil bars
Marietjie wag ‘n bietjie, Marietjie wil jy dans

En Niekie Poggenpoel
Woon nou buite die gewoel
Hy het seker beter dae al gesien
En in Kerkstaat, Aberdeen het dit lanklaas gereën

En hy droom nog af en toe van riviere wat nog vloei en van liedjies wat op die winde ry
En van die liefde van sy lewe
Marietjie van der Heever

Marietjie, o Marietjie, o Marietjie wil jy dans
My hart is vol van liefde, Marietjie vat 'n kans
Ja, my hart is vol van liefde en dit voel of dit wil bars
Marietjie wag ‘n bietjie, Marietjie wil jy dans

En ek hoor weer daardie lied van verlange en verdriet
En die letters op die klippe is vol stof
Want hier in Aberdeen het dit lanklaas gereën en in Kerkstraat woon Marietjie nog alleen

Marietjie, o Marietjie, o Marietjie wil jy dans
My hart is vol van liefde, Marietjie vat 'n kans
Ja, my hart is vol van liefde en dit voel of dit wil bars
Marietjie wag ‘n bietjie, Marietjie wil jy dans

Marietjie wag ‘n bietjie, Marietjie wil jy dans

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music