My Hart Is 'n Bok

Fors gestalte wat hoog bo my uittroon
Gitswart hare en oë hemelblou
By hom sal ek ‘n ewigheid kan woon
Hy’t die seer van die lewe trotseer en sy mensheid behou

Hy sal vir joul eerder gee as om te neem
Hy doen dit omdat dit hom vreugde bring
Met hom hier vlak by my voel ek nooit alleen
Ek het geen verweer teen die liefde wat my hart binnedring

En my hart is ‘n bok wat teen my ribbes spring
My bloed ‘n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar’s salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis

Nooit sal ek sê vervulling ken ek nie
Dit sal die leuen van alle leuens wees
Die liefde is die mag wat my gebied
Dis die soet op my tong en die vrede diep in my gees

En my hart is ‘n bok wat teen my ribbes spring
My bloed ‘n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar’s salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis

En my hart is ‘n bok wat teen my ribbes spring
My bloed ‘n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar’s salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis

Daar’s salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis

Want die liefde dreig om my te vergruis

Wissenswertes über das Lied My Hart Is 'n Bok von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “My Hart Is 'n Bok” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied My Hart Is 'n Bok wurde im Jahr 1983, auf dem Album “Jy is te dierbaar” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music