'N Sonneblom Uit Bethlehem
Nog 'n somerson Kersfees want die Koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde en sal die posduif vra
Sal hy gaan draai in die suide by die berg en die see
En daar waar my liefde kaalvoet loop die nota vir jou gee
Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad, uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei
Nog 'n somerson Kersfees want die Koningskind verjaar
Die Suiderkruis my kompas en 'n eng'le koor ry saam
En my hart gesels langsaam oor die liefde en ek weet
Die herberg lĂȘ om die draai, jy wag vir my by die see
Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad, uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei
Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad, uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei
En Hanepoot druiwe by die Paarlvallei