So Is My Tafel Gedek

By my voordeur los die nag die oggendson
Dit gooi ‘n sagte lig oor die koebaai-traan van die lavender-dou
En my hart onthou daai pers en blou is ‘n gunsteling van jou
So is my tafel gedek, my lief
Altyd en steeds vir jou

By my agterdeur groet ‘n suurlemoengeur
Het daai boom geplant op ‘n sonskyndag en gewonder wanneer kom die reën
Jy was bly soos ‘n kind oor daai goudgeelvrug wat die son reflekteer
So is my tafel gedek, my lief
Altyd en steeds vir jou

In die middel van my huis, my hartkombuis
Die tafel se elke holte en groef kan van kosbaar tyd getuig
Van die verste verdwaal het ons hier ontmoet in liefde suikersoet
Want so is my tafel gedek my lief

Als van my is eenvoudig lief
Altyd en steeds vir jou

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music