Vanaand Se Maan [Duet]

Nag loop sy paaie duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu ‘n kiewiet rou, ‘n jakkals kreun sy klag

En vanaand se maan is ‘n hartseer maan, is ‘n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi

Nag loop sy paaie duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie en die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig, die dag sterf in ‘n ster

En vanaand se maan is ‘n hartseer maan, is ‘n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi

Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is want hy kan ook onthou

Donker word ligter, dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker want die son sê, dit is nou dag
Twaalf ure se fel verlang voor nag jou weer omvou

En dan’s vanaand se maan weer ‘n hartseer maan en ‘n spierwit maan
Vanaand se maan, vanaand se maan is dan weer mooi

Wissenswertes über das Lied Vanaand Se Maan [Duet] von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Vanaand Se Maan [Duet]” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Vanaand Se Maan [Duet] wurde im Jahr 1999, auf dem Album “Die Mense Op Die Bus” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music