Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou

Die winteraand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Later word ek wakker
Van die koekoek-klok se deurtjie
Dis laatnag in die voorhuis
En die middernag kom nader

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Wissenswertes über das Lied Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou wurde im Jahr 1979, auf dem Album “Debuut” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music