Winter

Die wêreld word weer deinserig
Die son se ronde-rooi-lemoen is afgeskil
Skyn wit-oranjerig deur die gekaasdoekte seisoen

Die berge lê gebalsem, rug-aan-rug
Soos reuse dwerge, boggelrig gekis
Bome bedien met skemer stug soos monnike die romerige mis
Alles word geheilig, kom tot rus

Die weerhaan op die kerktoring skrop nes
Die sterre
Word geblus

Iewers aan die verste kus maak God in Sy vakansiewoning die gordyne dig
Gaan slaap gerus

Alles word geheilig, kom tot rus
Die weerhaan op die kerktoring skrop nes
Die sterre
Word geblus

Iewers aan die verste kus maak God in Sy vakansiewoning die gordyne dig
Gaan slaap gerus

Gaan slaap gerus

Wissenswertes über das Lied Winter von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Winter” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Winter wurde im Jahr 1999, auf dem Album “Die Mense Op Die Bus” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music