Woud Van Stilte
Wanneer die herberge teen my gesluit word as ek van vermoeienis klein is
Vlam jy ‘n vuurherd van vertroosting
Jy laat die grys van gister rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy ‘n woud van stilte
Wanneer ek teen die skemer se sperdraad verstar
Die nag soos ‘n tronk om my sluit as my oë oorstroom
Verjaag jy die droefnis met die oop horison van jou stem
Jy laat die grys van gister rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy ‘n woud van stilte
Wanneer die twyfel snuffel aan my dink
As ek steier teen die afgrond van vreemde kennis
Leer jy my vlieg soos ‘n boot met seile
Jy laat die grys van gister rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy ‘n woud van stilte
Wanneer die twyfel snuffel aan my dink as ek steier teen die afgrond
Leer jy my vlieg soos ‘n boot met seile
Jy laat die grys van gister rooi in donker klowe blom
In my hart plant jy ‘n woud van stilte
Jy plant ‘n woud van stilte