As Dit Verby Is

Elke nou, nou en dan kom iemand wat jou verstaan
Hy tel jou op, hy hou jou vas en dan laat hy jou weer gaan
En soos ‘n mooi melodie wat in die geraas verdwyn
Speel jy my, speel jy ons en jou selfsig los net pyn

En hoe verduidelik ‘n mens wat verlore is?
Hoe begrawe jy iets wat nog lewendig is?
Dit raak stil as die liefde verby is

En nou kan jy sien hoe die trane net om jou val?
Kan jy hoor hoe praat die mense ‘n vreemde taal?
Dit sink in as die liefde verby is

Elke dan, dan en wan kry ek krag om op te staan
Jy sit jou hart op ‘n rak en hoop iemand sien dit raak
En nes ‘n lam vasgevang hoop die wolwe slaap vanaand
Maar wat's die kans as ek huil dat ek nie iemand wakker maak?

En hoe verduidelik ‘n mens wat verlore is?
Hoe begrawe jy iets wat nog lewendig is?
Dit raak stil as die liefde verby is

En nou kan jy sien hoe die trane net om jou val?
Kan jy hoor hoe praat die mense ‘n vreemde taal?
Dit sink in as die liefde verby is

En alles raak al minder soos die stilte van jou skimme as jy slaap
Die een ding wat jy weet wat erger is is as die liefde moet vergaan

En hoe verduidelik ‘n mens wat verlore is?
Hoe begrawe jy iets wat nog lewendig is?
Dit raak stil as die liefde verby is

En nou kan jy sien hoe die trane net om jou?
Kan jy hoor hoe praat die mense ‘n vreemde taal?
Dit sink in as die liefde verby is
Dit sink eers in as die liefde verby is

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop