Dromer

Met 'n tas vol winter by 'n deur vol somer, bring dit weer 'n nuwe son
Dit skyn 'n lig op wat sal kom
Soos die hemel opmaak en my vrese wegraak, beweeg my droom van silhoeët
Na 'n moontlikheid wat lewe het

Hoop is die siel van 'n dromer, dit wat jou laat glo daar is iets baie groter
Ek glo in my dat drome lewe kry wanneer jou wil met jou sterre 'n pad kruis

Drome maak my sterker, dit gee my die vlerke om te vlieg
Drome laat my vlieg
Drome gee my rede, blaas weer nuwe lewe om te vlieg
Drome laat my vlieg

My droom so helder verkleur die blou van gister, ek werk vir nuwe horison (Horison)
Van 'n lewe wat my toekom (Wat my toekom)
Soos die wêreld my roep weet ek dis nie in my bloed om sommer net so op te gee (Op to gee)
En weg te hardloop van die seer (Van die seer)

Hoop is die siel van 'n dromer, dit wat jou laat glo daar is iets baie groter
Ek glo in my dat drome lewe kry wanneer jou wil met jou sterre 'n pad kruis

Drome maak my sterker, dit gee my die vlerke om te vlieg
Drome laat my vlieg
Drome gee my rede, blaas weer nuwe lewe om te vlieg
Drome laat my vlieg

In diepste waters het ek al geswem en drome bly glo en vir beter gewens
Deur winde en golwe het stroomop my sterker gemaak
So ek bly steeds glo

Hoop is die siel van 'n dromer, dit wat jou laat glo daar is iets baie groter
Ek glo in my dat drome lewe kry wanneer jou wil met jou sterre 'n pad kruis

Drome maak my sterker, dit gee my die vlerke om te vlieg
Drome laat my vlieg
Drome gee my rede, blaas weer nuwe lewe om te vlieg
Drome laat my vlieg

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop