Dronk Vir Jou

Ek is dronk vir jou, nog ‘n sluk vir nou
Ek is geen omkeer mal verlief op jou
Ek is omgepraat, ek is min geslaap
Ek het niks meer oor, ek sou als verloor

Hoe lyk jy dankbaar as jy nie werklik is nie?
En hoe verlang jy as jy nie my terug mis nie?
Want een en een maak nie net twee want drie raak soms te veel
Ek hoop sy's lief vir jou net soos ekke wou

Ek is lam gedink, skryf in spierwit ink
In ‘n brief vir jou wat jy nooit sal kan lees nie
En al sou jou wou my dalk net vertrou
Sou jy daar wees ek is lief vir jou

Hoe lyk jy dankbaar as jy nie werklik is nie?
En hoe verlang jy as jy nie my terug mis nie?
Want een en een maak nie net twee want drie raak soms te veel
Ek hoop sy’s lief vir jou net soos ekke wou

Stormwaters vat my verder weg van jou
Met elke sluk hoop ek dat ek vergeet van jou
Ek is dronk vir jou (Ek is dronk vir jou)
Ek is dronk vir jou

Hoe lyk jy dankbaar as jy nie werklik is nie?
En hoe verlang jy as jy nie my terug mis nie?
Want een en een maak nie net twee want drie raak soms te veel
Ek hoop sy’s lief vir jou net soos ekke wou

Ek is dronk vir jou

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop