Iemand Wat Ek Nog Nie Ken Nie

Ons almal ken van vensters kyk
Van drome by die ruite uit
Van hartseer en realityd
Wat soos die donker yskoud byt

Want wense maak ‘n mens soms bang
As die hartseer in jou keel kom hang
Dis soos die pyn net voordat jy huil
Wat deur jou sny soos ‘n bitter pyl

Ek verlang na iemand wat ek nog nie ken nie
Na ‘n vrede wat ek nog nie het nie
En na iemand wat nie vir my sê nie

Ek verlang na jou as jy van my af weg is
My lig as ek op ‘n donker plek is
Smag ek na soet omdat dit vir my sleg is

As die eensaamheid vir my kom haal
En die sonlig my blatant misval
Daar is niemand wat met my wil praat
Jy’s betyds maar jy’s klaar te laat

Ek verlang na iemand wat ek nog nie ken nie
Na ‘n vrede wat ek nog nie het nie
En na iemand wat nie vir my sê nie

Ek verlang na jou as jy van my af weg is
My lig as ek op ‘n donker plek is
Smag ek na soet omdat dit vir my sleg is

Ek weet dit is algemeen
Maar vandag voel ek weer alleen
Is daar iemand wat my kan hoor?

Ek verlang na iemand wat ek nog nie ken nie
Na ‘n vrede wat ek nog nie het nie
En na iemand wat nie vir my sê nie

Ek verlang na jou as jy van my af weg is
My lig as ek op ‘n donker plek is
Smag ek na soet omdat dit vir my sleg is

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop