Kannieophoudinkaanjougedagte

Spore in die sand
Foto in my hand
Is die sagter kant van my

Snare van kitaar
Speel ook saam my hart
Al die woorde binne my

Ek weet nie waar dit my gaan bring nie
Maar ek's seker ek kan oor dit sing so

Daar's geen vrae nie, gee nee of ja nie
En niks so waar soos daai kannieophoudinkaanjougedagte
Daar's geen uitweg, jy is die een vir my
So gereed vir die onverwagte
Ek's verlief op daai kannieophoudinkaanjougedagte

Hande om die vuur
Ek wens net jy was hier
Is die sagter kant van my

Ek wou dit altyd keer
Maar ek kan nie meer
Alles gee hier binne my

Kan ek, sal ek, wil ek, moet nou
En alles wat ek sing is vir jou

Daar's geen vrae nie, gee nee of ja nie
En niks so waar soos daai kannieophoudinkaanjougedagte
Daar's geen uitweg, jy is die een vir my
So gereed vir die onverwagte
Ek's verlief op daai kannieophoudinkaanjougedagte

As die vuur uitbrand in die koue sand
Kom ek nie eers agter nie
Warm binne my sal ek altyd bly
Nooit meer koue nagte nie want

Daar is geen vrae nie, gee nee of ja nie
En niks so waar soos daai

Daar's geen vrae nie, gee nee of ja nie
En niks so waar soos daai kannieophoudinkaanjougedagte
Daar's geen uitweg, jy is die een vir my
So gereed vir die onverwagte
Ek's verlief op daai kannieophoudinkaanjougedagte

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop