Liefde Is

Ek het jou lief op die langtermyn, maar jy kyk vas in die kortermyn, jy sê ek mis die goedjies, die klein klien goedjies
Maar liefde is ‘n duisend klein goedjies

Al stem ek saam moet ek ook verskil want ek kyk anders na die hele spul
Ek is naïef en verlief vir ‘n saamgestel
Ek glo genoeg van die groot goed maak op vir die klein goed

Liefde, liefde is meer as liefde
Liefde is al die groot goed, soos die hoop en die glo, die vertrou en die hou en die arms onvou
Liefde draai dit op sy kop en voel dit, elke liewe mens verdien dit
Liefde is baie meer as ‘n duisend klein goedjies

Ons almal kyk vas in daai eerste keer, maar ek en jy weet daar is soveel meer
Soos die opbreek seer en die daal verteer
Die verkeerde een met wie jy weer probeer

Dis die wit of swart, dis ‘n grys gebied
En dit kos jou niks dit is als verniet
Dit vat die regte een, dit vat die regte soen
Dit vat ‘n duisend klein goedjies wat dit vir jou doen

Liefde, liefde is meer as liefde
Liefde is al die groot goed, soos die hoop en die glo, die vertrou en die hou en die arms onvou
Liefde draai dit op sy kop en voel dit, elke liewe mens verdien dit
Liefde is baie meer as ‘n duisend klein goedjies

(Steek jou hande uit na liefde)
(Skree jou longe uit vir liefde)
Steek jou hande uit na liefde
Skree jou longe uit vir liefde

Liefde, liefde is meer as liefde
Liefde is al die groot goed, soos die hoop en die glo, die vertrou en die hou en die arms onvou
Liefde draai dit op sy kop en voel dit, elke liewe mens verdien dit
Liefde is baie meer as ‘n duisend klein goedjies

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop