Meer As Niks

Kyk op ek het dit nodig voor ek omdraai en wegloop stop my en sê my ek's meer as niks
As jy dink ek oordoen dit weet jy hoe jy in my vassit ek het probeer om jou uit te kry

Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel my hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë sien jy wat voel ek vir jou ek het nog nooit iemand so lief gehad nie

Kyk weer lyk ek vir jou mooier al maak jou oordeel my al hoe seerder
Dit is darem meer as niks

Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel my hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë sien jy wat voel ek vir jou ek het nog nooit iemand so lief gehad nie

Iemand verdien jou
Dalk net soos ek wou
Maar ek staan nou voor jou
Ek is jou golwe jou diep see jou blou

Ek het nog nooit iemand so lief gehad nie ek het nie krag om verder meer te praat nie
Gee my jou hand en voel my hart klop hier buite my bors
Vat aan my lyf voel hoe ek ingee tot jou
Kyk in my oë sien jy wat voel ek vir jou ek het nog nooit iemand so lief gehad nie

Kyk op ek het dit nodig voor ek omdraai en wegloop stop my en sê my ek's meer as niks

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop