Mooiweer

Ek kan nie help om jou te bel
Niks spesiaals om te vertel
Want jy is ver en ek's sleg met hierdie goed
My woorde is min

Jou stem wat weg raak op die lyn
Was dit dalk jy of net die sein?
Is hierdie oproep al lankal klaar verby?
En werk ons te hard om nie te baklei?

Ek hoor dit reën daar by jou
Maar hier by my is dit mooiweer en warm
Jy sê dit reën steeds by jou
So los my nou want dis mooiweer en warm

Miskien moet ek jou net weer soen
En by jou wees en jou net voel
Dalk in daai oomblik sal ek weer kan onthou
Hoekom ek nog uithou saam met jou

Ek hoor dit reën daar by jou
Maar hier by my is dit mooiweer en warm
Jy sê dit reën steeds by jou
So los my nou want dis mooiweer en warm

Sê vir my ons is nie verby nie
Sê vir my jy kan nie genoeg kry nie
Sê vir my dat ek die een vir jou is
Sê vir my, sê vir my

Sê vir my ons is nie verby nie
Sê vir my jy kan nie genoeg kry nie
Sê vir my dat ek die een vir jou is
Sê vir my, sê vir my

Reën daar by jou
Maar hier by my is dit mooiweer en warm
Jy sê dit reën steeds by jou
So los my nou want dis mooiweer en warm

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop