Stille Waters / Vier Seisoene Kind [Live]

Jy’t gesê ons liefde
Sal bly staan
Al tuimel al die berge
In die oseaan

Doen vir my ‘n gunsie
Voor jy gaan
Gooi vir my ‘n klippie
‘n Klippie in die oseaan

Wie sal ooit die liefde
Kan verstaan?
Nader as ‘n hartklop
En verder as die maan

Daar's ‘n tyd van kom
En ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sou ek dit ooit verstaan?

En kyk hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond
Onder draai die duiwel rond

Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die wintervure brand
En die nagte vir die somer lê en wag

Sy giet haar trane oor die see
Stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lang vergete smart

Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
Kyk jou oseaan is kalm

Vier seisoene kind
Vier seisoene kind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind

Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
Kyk jou oseaan is kalm

Vier seisoene kind
Vier seisoene kind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind

Beliebteste Lieder von Leah

Andere Künstler von K-pop