Al Die Stede

Donker, donker wolke het gehang
Oor die berge, oor die stede
Oor die kinders van Abraham

Masjiengeweervuur, musiek vir die nag
En almal wag en wag
Want die dood draai dikwels hier enige tyd, enige uur

O die arme Jerusalem
Stad van mense, stad van gode
En weer en weer geoffer in die vuur

Rook en mis altyd in die pad
Buite Johannesburg die stad
Waar die struggle voortwoed
Op sy eie tyd, eie manier

Laatnag klink die jazzmusiek
Net soos Psalms, soos Gesange
In die strate en in die shebeens

Soweto, stad van helde
Vergete keer op keer
Ry die engele hier verby

Rooi en blou en blou en rooi
Aai dis tog so vreeslik mooi
In die strate van Kabul
Daar in Afganistan dis wat ek bedoel

Halleluja want die VSA
Gaan tog alles regmaak
Coca-Cola en heroin
Beskikbaar op elke straat

Stad van wanhoop, wie sal weet?
Wie sal weet wat vir jou wag?
In die nuwe dag

Maar in al die stede
Van die hele wêreld
Sal hulle jou naam ken (Nelson Mandela)
Nelson Mandela (Nelson Mandela)
Nelson Mandela (Nelson Mandela)
Nelson Mandela, Nelson Mandela
Nelson Mandela, Nelson Mandela
Nelson Mandela

Maar in al die stede
Van die hele wêreld
Sal hulle jou naam ken (Nelson Mandela)
Nelson Mandela (Nelson Mandela)
Nelson Mandela (Nelson Mandela)

Beliebteste Lieder von Piet Botha

Andere Künstler von