Herfsgedagtes
Jou spore loop wyd oor hierdie land
Ook van die noorde na die suider kant
Het jy dit gevind?
Dit waarvoor jy so lank loop soek het?
Eenkeer, het ek dit gekry in die kyk van 'n kind
En die res, was maar alles 'n gejaag na wind
En as jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry
Hierdie woorde het ek onthou diep in die nag
Op die pad tussen nou en nêrens
More het sy eie sorge
Van winter en wie weet wat nog
As ek tog net, as ek tog net
Vergeet dit is verby net soos die name
Van die dorpe en die stede waardeur jy ry
En as jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry
As jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry
Ek sal jou kry