O My Heiland

Daar's 'n kêrel wat staan by die deur ge-collar en getaai
En hy soek geld voordat hy gaan waai
Sy oë die kan jy nie sien oor die bril wat hy dra
Hy is baie ernstig hy gaan nie weer vra

Maar niemand weet wie wat moet betaal
En niemand weet hoeveel
Maar die wiele moet draai
En die mense wil speel

In huise van hartseer
In strate van reën
Op paaie sonder grense
Oor en weer en weer 'n keer

En liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
O my heiland wat nou?
O my heiland, o my heiland
Wat nou, wat nou?

By die bushalte net duskant Matlapeng
Het die profeet gesit en gewag
Maar die bus wat vir hom moes kom haal
Het in die donker verdwaal

En die mense tevergeefs het hulle gebid deur die nag
En toe hy die volgende dag eers daar opdaag
Was daar niemand wat meer vir hom wag
O my heiland wat nou?

Maar niemand weet wie wat moet betaal
En niemand weet hoeveel
Maar die wiele moet draai
En die mense wil speel

In huise van hartseer
En strate van reën
Op paaie sonder grense
Oor en weer en weer 'n keer

En liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
O my heiland wat nou?
O my heiland, o my heiland
Wat nou, wat nou?

En die liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
Hoe sal ons dan vir liefde onthou?

Beliebteste Lieder von Piet Botha

Andere Künstler von