Mooiste Blom

Die wind fluister alweer
Somer is terug, somer is terug
Wolke speel in die blou
En dans in die lug, en dans in die lug

Gee my die weskus se helderste blou
Die lower wat die suidkus mooi maak
Maar ek dink vanaand aan die goud see wat die horison raak

My mooiste blom wat kyk na die son
Waar is jy nou, waar is jy nou?
My mooiste blom wat kyk na die son
Kan jy onthou, kan jy onthou?
Kan jy onthou?

Sag op die warm sinkdak hoor ek die reën
Hoor ek die reën
Deur die kleure wat dans
Sien ek jou weer, sien ek jou weer

Mooi is die noorde se ligte wat wals
En blitse wat die hemel laat dreun
Maar die mooiste van als is my blom
Wat dans in die reën

My mooiste blom wat kyk na die son
Waar is jy nou, waar is jy nou?
My mooiste blom wat kyk na die son
Kan jy onthou, kan jy onthou?

Gee my die berge die veld en die see
O die maan en die sterre wat blink
Maar die mooiste van als is my blomme
Wat dans in die wind

My mooiste blom wat kyk na die son
Waar is jy nou, waar is jy nou?
My mooiste blom wat kyk na die son
Kan jy onthou, kan jy onthou?

My mooiste blom wat kyk na die son
Waar is jy nou, waar is jy nou?
My mooiste blom wat kyk na die son
Kan jy onthou, kan jy onthou?
Kan jy onthou?

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)