Breek My

Myself belowe
Myself gesê nie weer so gou
Maar in jou oë
Sien ek wareliefde nou

Staan ek voor jou
My belofte spook by my
Gaan iemand seerkry
Of is jy die regte een vir my?

Daar’s ‘n oorlog in my
My hart en my kop baklei

Breek my breek die mure om my
Leer my om weer lief te kry
Lief te kry

Breek my breek die ketting om my
Help my ek wil asem kry
Asem kry (Oh ho ho)
Ek wil weer asem kry

Dieselfde storie
Dieselfde gevoel hier binne my
Ek wil soveel gee
En vir ‘n slag weer voel ek’s vry

Weer glo daar’s ‘n rede (Weer glo daar's 'n rede)
Weer glo daar’s iemand aan my sy
Kom vat al die reënweer
En kom vat al die storms rondom my

Daar’s ‘n oorlog in my
My hart en my kop baklei

Breek my breek die mure om my
Leer my om weer lief te kry
Lief te kry

Breek my breek die ketting om my
Help my ek wil asem kry
Asem kry (Oh ho ho)
Ek wil weer asem kry

Miskien is daar rede om te val en seer te kry?
Maar ek’s moeg om te twyfel
En ek is moeg om alleen te bly

So breek my breek die mure om my
Leer my om weer
Lief te kry

Breek my breek die ketting om my
Help my ek wil asem kry
Asem kry (Oh ho ho)
Ek wil weer asem kry

Beliebteste Lieder von Ray Dylan

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)