Ek Wil Huistoe Gaan
Ek wil huis toe gaan
Onder sekelmaan roep jy my naam
En dis net jy wat my hart verstaan
In ons vreemde wentelbaan
Soos wat ek nader kom
Maal my gedagtes hul draai om en om
My verlede was maar skeef en krom
Maar jou liefde laat my stom
Hoe kon ek ooit in ‘n ander rigting kyk?
My menswees my selfbeeld het afgewyk
Maar in die stormwinde hoor ek steeds jou naam
Hy waai my saam
O ja hy waai my saam
Dié ou wêreld is soms wreed
Dingetjies wat ek probeer vergeet
My liefie spyt kom mos altyd laat
By jou kan ek my hart uitpraat
Die langpad roep my saam
Uit volle bors roep hy jou naam
Veilig in jou arms toegevou
Ons liefde al vir ewig hou
Hoe kon ek ooit in ‘n ander rigting kyk
My menswees my selfbeeld het afgewyk
Maar in die stormwinde hoor ek steeds jou naam
Hy waai my saam
O ja hy waai my saam
Ek wil huis toe gaan
Onder sekelmaan roep jy my naam
En dis net jy wat my hart verstaan
In ons vreemde wentelbaan
Ja dis net jy wat my hart verstaan
In ons vreemde wentelbaan
Dis net jy wat my hart verstaan
In ons vreemde wentelbaan