Moet net keer of dit gaan beter

Hy het nie 'n huis of 'n naam
Niemand weet waar kom hy vandaan
Hy glimlag so dankbaar op straat
'n Padkaart van plooie wat praat

Daar's goedheid en guns in sy lewe
Hy't oor en oor almal vergewe
Sy stories is al wat hy dra
Jy sal hom ook nooit hoor kla

Want as jy hom vra hoe dit gaan?
Sal hy sê

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Hy kort net 'n braai pap en vleisie
En reën treun 'n ou sinkdat huisie
Daar's min wat die man ooit sal pla
Net die klomp wat met die wit brood kla

Daar's goedheid en guns in sy lewe
Hy't oor en oor almal vergewe
Sy stories is al wat hy dra
Jy sal hom ook nooit hoor kla

Want as jy hom vra hoe dit gaan?
Sal hy sê

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Ek moet net keer of dit gaan beter
Ek sien altyd die vol kant van die beker
Dit sal reën vir jou en my
Maak nie saak waar ons bokke wei

Beliebteste Lieder von Ricus Nel

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)