n Bietjie Tyd net en Ek en Jy

Sluit die deur, hou die wêreld uit
'n Bietjie tyd net ek en jy

Steek 'n kersie aan die brand, 'n glasie rooiwyn in die hand, kom sit hier op die bad se rand hier langs my
Gooi jou baadjie op die vloer, probeer my bes om nie te loer, dis bietjie moeilik want daar's niemand soos jy
Jy teken hartjies op die spieël so teen die wasem en kom kielie dan my rug so bietjie bietjie, a, a
Maak daai boonste knopie oop, sommer die tweede ene ook, en dan fluister jy net wat ek wil hoor

Sluit die deur, hou die wêreld uit, ek en jy en 'n bietjie tyd
Sluit die deur, hou die wêreld uit
'n Bietjie tyd net ek en jy
O 'n bietjie tyd net ek en jy

Ek het die kaggel aan die brand en sit die platespeler aan, jy lyk so mooi in jou pyjamas verby
Ek het ogies net vir jou, ja ek's 'n baie lucky ou, ek kan nie glo dat jy so lief is vir my
Dan dans ons kaalvoet om die mat, wil jou net om jou lyfie vat, en soen jou saggies op jou lippe oe, oe
Jy maak my boonste knopie oop, sommer my tweede ene ook en dan fluister jy net wat ek wil hoor

Sluit die deur, hou die wêreld uit, ek en jy en 'n bietjie tyd
Sluit die deur, hou die wêreld uit
'n Bietjie tyd net ek en jy
O 'n bietjie tyd net ek en jy

Sluit die deur, hou die wêreld uit, ek en jy en 'n bietjie tyd
Sluit die deur, hou die wêreld uit
'n Bietjie tyd net ek en jy

Sluit die deur, hou die wêreld uit, ek en jy en 'n bietjie tyd
Sluit die deur, hou die wêreld uit
'n Bietjie tyd net ek en jy
O 'n bietjie tyd net ek en jy
O 'n bietjie tyd net ek en jy

Beliebteste Lieder von Ricus Nel

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)