Strandfontein
Dit was 'n helder maanskyn aand
Daar op Strandfontein se strand
Toe loop net ek en jy
En ons loop hand aan hand
Met ons pype opgerol
En ons tone in die koue sand
En eenkant by die kommetjie
Was daar fosfor liggies wat brand
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan
Sout is die smaak op jou lippe
As ek jou so sagkens soen
Die water klots teen die klippe
Wat anders kan ek doen?
Die maan het agter 'n wolk verdwyn
Maar ons liefde die sal nooit kwyn
Dit sal net altyd sterker groei
Soos die see en die gety
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan
O ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan
Dit was 'n helder maanskyn aand
Daar op Strandfontein se strand
Stap net ek en jy
Ons loop hand aan hand