Windgat, My Honne

As die Hilux wiele rol en die Venterjie is vol
En my hond se tong hang by die venster uit
Dis die naweek wat my roep vir 'n koffie op die stoep
En my baby wag vir my met boerbeskuit

Windgat my honne, kom ons vat die pad
Vanaand eet ons twee vleis en putupap
Windgat my honne, kom ons vat die pad
Die pad wat ons daar na lekkerbly toe vat

Voor die einde van die aand gaan my bosveldvuurtjie brand
Soos die volmaan teen die waterberg afgly
En die reuk van somer reën uit die hand van God geleen
Wag vir my en jou daar in lekkerbly kontrei

Windgat my honne, kom ons vat die pad
Vanaand eet ons twee vleis en putupap
Windgat my honne, kom ons vat die pad
Die pad wat ons daar na lekkerbly toe vat

Beliebteste Lieder von Ricus Nel

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)