Ek sal dan leef

Ek sal dan leef soos een wat reeds vergeef is
My hart sal weet my skuld is reeds betaal
God ken my naam, dis in Sy hand geskrywe
Ek is Sy kind en ek het niks te vrees

Alreeds vergeef sal ek my broer vergewe
Sy liefdes wet leef ek met vreugde uit

Ek sal dan leef, my naaste help met deernis
God het my lief dat ek ook lief mag hê
Die kloof van vrees sal ek oorbrug met liefde
Ek waag om ook my broer se pyn te sien

En vra verhoudings dan van my getrouheid
Sal ek so leef my vriend se las help dra

U Konigkryk kom in my deur my lewe
U krag en heerlikheid wil ek laat skyn
U Heil'ge Naam wil ek gebruik met eerbied
En mag ek ook U Koningkryk sien kom

Ek sal U eer en brood breek met my naaste
Sal U deur my ‘n honger wêreld voed
Amen
Amen
Amen

Wissenswertes über das Lied Ek sal dan leef von Rina Hugo

Wann wurde das Lied “Ek sal dan leef” von Rina Hugo veröffentlicht?
Das Lied Ek sal dan leef wurde im Jahr 2012, auf dem Album “Ek Sing Vir Hom” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)