Hoekom Is Die Hemel Blou

Daar's ‘n uur elke dag wat verlange bring
Dis die uur wat ek uithou vir jou
Dan weet ek daar ver dink jy ook aan my
Dat jy ook so ‘n uur vir my hou

Hoekom is die hemel blou, blink die dou, die oggendson so rooi?
Hoekom is dit alles mooi in prag getooi, dink ek aan jou?
Hoekom is die hemel blou, so helder blou, lyk alles vir my mooi?
Dis omdat ek lief is vir jou

Elke aand as die skemer verlange bring
En ek stil sit en hunker na jou
Ja dan weet ek daar ver dink jy ook aan my
In gedagtes kan ons brûe bou

Hoekom is die hemel blou, blink die dou, die oggendson so rooi?
Hoekom is dit alles mooi in prag getooi, dink ek aan jou?
Hoekom is die hemel blou, so helder blou, lyk alles vir my mooi?
Dis omdat ek lief is vir jou

Hoekom is die hemel blou, blink die dou, die oggendson so rooi?
Hoekom is dit alles mooi in prag getooi, dink ek aan jou?
Hoekom is die hemel blou, so helder blou, lyk alles vir my mooi?
Dis omdat ek lief is vir jou
Hoekom is die hemel blou, so helder blou, lyk alles vir my mooi?
Dis omdat ek lief is vir jou

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)