Iemand Daarbo Hou Van My

As 'n sonstraal my soggens groet
As 'n kinderlag my hart ontroem
En die wêreld vra soms al my moed
Dan dink ek telkens

Iemand daar ver bo hou van my
Hy gee my moed en staan by my
Iemand daarbo hou van my
Iemand daar ver bo hou van my

As geluk soms uit my hande gly
En ek vrees daar's niemand naby my
En ek raak my selfvertroue kwyt
Dan dink ek telkens

Iemand daar ver bo hou van my
Hy gee my hoop en staan my by
Iemand daar ver bo hou van my

As die sterre uit kom elke nag
En die son begroet 'n nuwe dag
Vol geluk en liefde, lewenskrag
Dan dink ek telkens

Iemand daar ver bo hou van my
En die gedagte maak my bly
Iemand daar ver bo hou van my
Iemand daar ver bo hou van my

Wissenswertes über das Lied Iemand Daarbo Hou Van My von Rina Hugo

Wann wurde das Lied “Iemand Daarbo Hou Van My” von Rina Hugo veröffentlicht?
Das Lied Iemand Daarbo Hou Van My wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Wat 'n Vriend Het Ons In” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)