Jy Blink Werklikheid Vir My

Ek sien my in die spieël
Ek sien jou oë lag
'n Weersiens tot ons weer ontmoet
Nou nog alleen

En ek verstaan dat ek moes bly
Dat daar 'n doel is ook vir my
Tog blink jy in elke dag
Jy waak deur die nag

En jy bly werklikheid vir my
Wat verby is bly my by
Skaduwee word lig in my herinnering

En jy bly werklikheid vir my
Dit wat was is hier soos jy
Onvergeetlik goed en onvergeetlik mooi

Jy's veilig in my hart
Ek hou jou hier
Dit bly steeds jy

Ek lag soms met 'n traan
Soms huil ek soos 'n kind
Onthou dan om jou te vind
Is nader as naby

En jy bly werklikheid vir my
Wat verby is bly my by
Skaduwee word lig in my herinnering

En jy bly werklikheid vir my
Dit wat was is hier soos jy
Onvergeetlik goed en onvergeetlik mooi

Jy's veilig in my hart
Ek hou jou hier
Dit bly steeds jy

En jy bly werklikheid vir my
Wat verby is bly my by
Skaduwee word lig in my herinnering

En jy bly werklikheid vir my
Dit wat was is hier soos jy
Onvergeetlik goed en onvergeetlik mooi

Jy's veilig in my hart
Ek hou jou hier
Dit bly steeds jy

Wissenswertes über das Lied Jy Blink Werklikheid Vir My von Rina Hugo

Wann wurde das Lied “Jy Blink Werklikheid Vir My” von Rina Hugo veröffentlicht?
Das Lied Jy Blink Werklikheid Vir My wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Rina” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)