Laat My Langs U Staan
Dit was nag rondom my, ek het U gesoek
En die vreugde was lankal verby
En my hart was alleen, my gebed 'n roep
Heer wees weer naby my
Hou my hand deur die vuur, elke dag, elke uur
Maak my van U liefde bewus
Neem my hand waar ek gaan
En laat my langs U staan
Soos 'n koning op sy troon kan ek om my kyk
En die seën op my lewe ervaar
Maar daar's niks in die wêreld wat U plek kan vat
As ek alleen sou raak
Hou my hand deur die vuur, elke dag, elke uur
Maak my van U liefde bewus
Neem my hand waar ek gaan
En laat my langs U staan
Neem my hand waar ek gaan
En laat my, langs U staan