Lewende Water
Lewende Water
En dit vloei so diep en stil
Daar is fonteine
Wat vry maak as jy wil
Kom na die water
Kom drink en vra nooit weer
Lewende Water
Kom kry dit by die Heer
En 'n vrou was dors en eensaam
Sy was soekend na die rus
Daar was vir haar geen hoop, geen more
Soos dit vir 'n sondaar is
O maar Jesus gee haar water
Wat geen aardse stroom kan gee
En Hy sê, kom drink van dié water
Kom vind vir ewig vree
Lewende Water
En dit vloei so diep en stil
Daar is fonteine
Wat vry maak as jy wil
Kom na die water
Kom drink en vra nooit weer
Lewende Water
Dit gee jou Hemelse vree