Ons Glo (Die Geloofsbelydenis)

Ons glo in die Vader
Die Skepper van dit wat is
En ons glo die groot heelal
En alles behoort aan Hom

As 'n liefdevolle Vader
Smag Hy om ons te red
Hy hou ons veilig vas
O ons glo

Ons glo in Jesus
Die Seun van God alleen
Almagtig sterk en ewig
Nog voor tyd kon begin

'n Offer vir die kwaad
Gesterf en opgestaan
'n Losprys vir ons skuld
O ons glo

Heilige Gees, drie-enig
Vader, Seun as een
Deurdreng ons met U wese
Die Trooster het gekom

U ryk kom as deel van die plan
'n Ryk in die hart van 'n mens
Sy kerk in Sy hand vasgehou
Ja, ons glo

Sou die aarde verdwyn en tyd nie meer wees
Die waarheid staan vas, Hy's Woord en Hy's Gees
Wat ookal mag kom, dit is waar
O ons glo

Dat die berge wankel en die heuwels verdwyn
As ryke verkrummel, dié ryk sal bly
'n Gedof nuwe grond hier op aard se seisoen
Oor ons harte Hy was uit

Ons glo ons Heer sal kom na Sy bruid
Die land en die see sal hul dooies terug gee
Sy kinders regeer met Hom as hul hof
O ons glo
O ons glo

Wissenswertes über das Lied Ons Glo (Die Geloofsbelydenis) von Rina Hugo

Wann wurde das Lied “Ons Glo (Die Geloofsbelydenis)” von Rina Hugo veröffentlicht?
Das Lied Ons Glo (Die Geloofsbelydenis) wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Wat 'n Vriend Het Ons In” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)