U Liefde, Dis Iets So Groot
Somtyds dink ek nog hoe my lewe was
Altyd soekend na vreugdes wat nooit blywend was
Dan dink ek weer, hoe't U my opgetel
En dis so maklik om te sê, ek't U lief o Heer
Maar U liefde weer, dis iets so groot
Selfs al weet ek Heer U ken my beter as ek self
En weet U reeds hoe ver ek deur U krag sal gaan
Die liefde wat U gee, dis iets so groot
Ek bly steeds verbaas deur alles wat U doen
En selfs al val ek, U, U's nog daar vir my
Dis so maklik om my lief te hê
As U sê U't my ook lief kan ek dit skaars glo
Want U liefde Heer, dis iets so groot
Selfs al weet ek Heer U ken my beter as ek self
En weet U reeds hoe ver ek deur U krag sal gaan
Die liefde wat U gee, dis iets so groot
Die liefde wat U gee
Dis iets so groot