Amabokke Visbraai

Toe Jan van Riebeek in die Kaap geland het het hy blatant gesê
As hier ‘n ander nasie in die Kaap wil woon sal hulle eers by hom moet lê
Nou het Jan van Riebeek al die emmer geskop die Dromedaris het die gees gegee
En dit wat dan nou oor is is ‘n Reënboogland wat saam vir die Bokke skree

Oumense jongmense vroumense mansmense
Bruinmense swartmense blankes
Slankes kortes maeres dikkes fikses onfiks
Niks kom naby die Reënboogland nie

Xhosas Sotho’s Ndebele Zulu Banto
Mangosuthu Buthelezi Zuma Zille Malema
Nkosi Sikelel’i Afrika Mandoza Mandela Bafana
Maar hier kom die Amabokkebokke

Amabokkebokke haai
Katrol op julle stokke haai
Nuwe pilchards en chokka haai
Amabokkebokke haai

Maak ‘n vuurtjie langs die waters kwaai
Vir ‘n Amabokkebokvisbraai
Hane Iere Italy Wallaby Bokke
Kiwi’s Japanese Wallise Fiji Skotte

O die Amabokkebokke die Amabokkebokke haai
Skraap die skubbe haal die pens uit sit hom in die rooster kwaai
Met ‘n knoffelbottertjie vir die Amabokkebokvisbraai

Nou die hele Rainbow Nation het saam besluit
Saam as een man gestaan
As al die visse in die see dan saam kan bly
Kan ons mekaar ook verstaan

So begin die Rainbow Nation ‘n vis te braai vir al die Springbok victories
Al die kleure van die reënboog saam gegooi
Ons noem hom Rainbow Fisheries

Kabeljou geelbek tongvis
Stompneus klipvis seilvis sonvis maanvis
Stokvis tuna steenbras penvis lipvis harder
Sagter jy jaag die bladdy vis weg

Mopneus glipvis kaalkop glasvis poenskop
Koerkop pappagaaivis leervis saagvis bokvis
Katgesig klipkabeljou akkedisvis
Hotnotsvis en chokka
Maar hier kom die Amabokke bokke

Amabokkebokke haai
Katrol op julle stoke haai
Nuwe pilchards en chokka haai
Amabokkebokke haai

Maak ‘n vuurtjie langs die waters kwaai
Vir ‘n Ammabokkebokvisbraai
Georgia en Tonga Amerika Kanada Romania

Namibia Engelse Wes-Samoa Argentinia
O die Amabokkebokke die Amabokkebokke haai
Skraap die skubbe haal die pens uit sit hom in die rooster kwaai
Met ‘n knoffelbottertjie vir die Amabokkebok visbraai
Met ‘n knoffelbottertjie vir die Amabokkebok visbraai
Die Amabokkebokke haai

Beliebteste Lieder von Robbie Wessels

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)