Die Teenwoordigheid Van Drie
As ek nie meer kan sing nie
As ek nie meer kan dans
As ek nie meer kan gee nie
Staan ek nie meer ‘n kans
Om te gaan waar ek wil gaan nie
Te wees waar ek wil wees nie
Staan ek nie meer op nie
Om te sê waarin ek glo nie
Moet ek weet die tyd is hier
Om die verganklike te ruil
Vir die onverganklike
Kom tel my op
En sit my neer
Langs ‘n engelekoor net vir my bedoel
Kom tel my op
En sit my neer
Langs ‘n hemelse tafel en ‘n stoel
Speel die vioole die kitare tamboeryne saam ‘n reuse engelekoor
Bedien die voorgereg die hoofgereg die nagereg die beste wyn bly oor
Sing die mooiste mooiste woorde saam die akkorde van ‘n reuse simfonie
Geniet ‘n feesmaal saam ‘n menigde van engele in die teenwoordigheid van Drie
Halleluja Halleluja
Halleluja die teenwoordigheid van Drie
Halleluja Halleluja
Halleluja die teenwoordigheid van Drie
As die storms om jou woed
En die oorloë begin
As die aarde begin sug
Met jou daar binne-in
As jou pilare begin val
Waaraan jy jare lank aan klou
As al jou planne faal waaroor jy so lank duimvashou
Moet jy weet die tyd is hier
Om die tydlike te groet
En jou Skepper te ontmoet