Die Wissingbroers

Hoekom blink jou oë nie meer soos gister?
Hoekom is jou binneste verteer?
Waar het woestewaters dit kom omkrap?
Waar het stormsee dit kom beseer?

Ek kan sien hoe klou die seerkry aan jou kleed
Ek kan sien hoe die donker aan jou vreet
Maar nogsteeds maak jy ‘n tydjie om te lag
Al pla die dinge van jou hart jou elke dag

Jou hart is lank nie meer in rat
Hy’t onbewustelik sy spoor verloor
Jou hart se wiele is te glad
En hy’t net ‘n bietjie petrol oor

Ek bid nogsteeds dat winde weer sal terugdraai
Dat strome jul sal terugbring op die koers
Dat ou herinnerings nie meer sal seermaak
Vrede vir altwee Wissingbroers

Jou hart is lank nie meer in rat
Hy’t onbewustelik sy spoor verloor
Jou hart se wiele is te glad
En hy’t net ‘n biejtie petrol oor

Jou hart is lank nie meer in rat
Hy’t onbewustelik sy spoor verloor
Jou hart se wiele is te glad
En hy’t net ‘n biejtie petrol oor

Wissenswertes über das Lied Die Wissingbroers von Robbie Wessels

Wann wurde das Lied “Die Wissingbroers” von Robbie Wessels veröffentlicht?
Das Lied Die Wissingbroers wurde im Jahr 2005, auf dem Album “My Vissermanvriend Se Pa” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Robbie Wessels

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)