Kom Terug

Is daar iemand wat jy ken wat jy sal koester tot die dood?
Iemand wat jy nodig het soos brood?
Is daar iemand wat jy ken wat jou maak brand van die verlang?
As jy dit wegjaag of met iets anders vervang?

Soos ‘n gekraakte waterhouer wat kan lek
Of soos ‘n duif hier op my skouer wat sal trek as ek hom grief
En dan roep my siel uit kom terug asseblief

Kom terug kom terug asseblief
Kom terug kom terug my vriend
Alleen soos die rolbos tussen winde sonder Jou
Onstuimig soos die golwe van die see sonder Jou
Kom terug kom terug my vriend

Soms in ‘n vroeë oggenduur maak Hy my wakker met ‘n lied
En ek waardeer Sy melodieë weer opnuut
Soms in my hart se eie plan raak ek verlore in ‘n droom
En Hy oortuig my weer gee vir My die toom

En soos ek inspan om Sy vriendskap te verdien
Sê Hy saggies vir my wanneer gaan jy sien Ek het jou lief
So roep My naam sê kom terug asseblief

Kom terug kom terug asseblief
Kom terug kom terug my vriend
Alleen soos die rolbos tussen winde sonder Jou
Onstuimig soos die golwe van die see sonder Jou
Kom terug kom terug my vriend

Alleen alleen
Sonder Jou
Gees van God my hart roep Jou
Roep Jou

Kom terug kom terug asseblief
Kom terug kom terug my vriend
Alleen soos die rolbos tussen winde sonder Jou
Onstuimig soos die golwe van die see sonder Jou
Kom terug kom terug my vriend

Wissenswertes über das Lied Kom Terug von Robbie Wessels

Wann wurde das Lied “Kom Terug” von Robbie Wessels veröffentlicht?
Das Lied Kom Terug wurde im Jahr 2012, auf dem Album “Kaalvoet” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Robbie Wessels

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)