Somerliefde
Hoe vergeet ek jou as jy sit onder my vel?
Hoe benoud voel ek dat ek jou nie meer kan bel?
Hoe laat gaan ek jou as ek jou nog aan my voel?
Hoe verlang ek jou as Desember oor my spoel?
As jy so vir my kyk
Onder ‘n brander deur duik
En daardie staar in jou oë laat my glo
Laat my glo
Jy’s ‘n somerliefde
‘n Somerkind
Droom verlore ‘n warrelwind
‘n Hart vol drome
‘n Sagte stem
Sagte snare om ‘n hart te wen
As die verliefdheid weer sy arms om my gooi
Die romanse my weer kom uitnooi
Na somerliefde iewers by die see
Wil ek meer van my hart vir jou kan gee
Gee my son gee my see
Gee my krag vir elke tree wat ek alleen loop
Sonder jou
Sonder jou
Jy’s ‘n somerliefde
‘n Somerkind
Droom verlore ‘n warrelwind
‘n Hart vol drome
‘n Sagte stem
Sagte snare om ‘n hart te wen
Onder maanlig dans ek
Op die strand
Oor die Struisbaai duine
Hand aan hand
Al die somerfotos in my geheue
Vasgevang in raampies by die see
By die see
Jy’s ‘n somerliefde
‘n Somerkind
Droom verlore ‘n warrelwind
‘n Hart vol drome
‘n Sagte stem
Sagte snare om ‘n hart te wen
Jy’s ‘n somerliefde
‘n Somerkind
Droom verlore ‘n warrelwind
‘n Hart vol drome
‘n Sagte stem
Sagte snare om ‘n hart te wen