Rudi Se Lied Aan Corlea

Al sing ons nooit 'n woord weer saam nie
Sê jy nooit ooit weer my naam nie
Dis nie hierdie liedjies wat ek die meeste mis
Dis omdat jy my maatjie is my liefling

Dis woorde uit my eie mond
Want die wolwe gooi ons toe oor die son
En die klippe vlieg die tonge gons
Net ek en jy weet wat het ons gehad

Ek bid dat die Here jou sal lei
Dat jy nog hoër vlieg as die harmonie en die drome saam met my
En dat jou diep geslote oë sal woorde kry
Maak nog harte bly met jou goue stem

Dit was 'n wonderlike eer
Ons het by mekaar so baie van ons gawes saam geleer
En ek wonder as jy sing dink jy iewers ook aan my?
My liefling

Daar was nie eers vir ons goodbye nie
Geen wind wat waarsku het gewaai nie
O en my hart het hom nie voorbery
'n Brief het jou gevat by my my liefling

Omdat so baie mense praat vir ons
Het ek my hart in hierdie lied kom los
Oo want die duiwel glimlag as ons twee veg, môre is ek of jy dalk weg
My liefling

Ek bid dat die Here jou sal lei
Dat jy nog hoër vlieg as die harmonie en die drome saam met my
En dat jou diep geslote oë sal woorde kry
Maak nog harte bly met jou goue stem

Dit was 'n wonderlike eer
Ons het by mekaar so baie van ons gawes saam geleer
Ek wonder as jy sing dink jy iewers ook aan my?
My liefling

Want as ek sing dink ek altyd nog aan jou

Beliebteste Lieder von Rudi

Andere Künstler von Pop rock