Granate Pluk en Sonskyn

Waar sal ons twee heengaan met ons liefde
Verliefdheid bring mens telkemale hier
Wie die antwoord weet bewaar sy geheime
Moeilik, twyfel, duur

Hoe maak mens as jy skaars nog 'n mens is
Hoe maak jy en hoe weet jy, jy is reg
Wie die antwoord weet bewaar sy geheime
Afdraai, omdraai, weg

En nou, kyk jy so na my het jy dan vergeet gaan tyd so gou verby
Dit was, dit was 'n tyd van liefhê van sorgelose aande die dae blouloos en
Granate pluk en sonskyn

Wanneer sal jy terugkom en my hart kom haal
Wanneer sal jy maak soos wat jy sê
Wie die antwoord weet bewaar sy geheime
Drome, sugte, hê

Wanneer sal jy terugkom
My hart kom haal

En nou, kyk jy so na my het jy dan vergeet gaan tyd so gou verby
Dit was, dit was 'n tyd van liefhê van sorgelose aande die dae blouloos en
Granate pluk en sonskyn

Waar sal ons twee heengaan met ons liefde
Verliefdheid bring mens telkemale hier
Wie die antwoord weet bewaar sy geheime
Die waarheid was te duur

Waar sou als weer heen gaan
Met ons liefde

Met ons liefde
Dit bly geheime
Net geheime

Dae blouloos hy
Granate pluk
En sonskyn

Beliebteste Lieder von Sarah Theron

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)