Hoe Voel Jy Nou
Voel jy soms sy wind waai deur jou hare
Wens jy as hy waai hy was 'n vriend
Voel jy soms sy bloed loop deur jou are
As jy bly is om hom weer te sien
Luister jy na woorde wat hy priewel
Hoor jy wanneer hy sê hy kom terug
Lank weg bly word môre nog 'n euwel
Die een bly sterk, die ander draai sy rug
Hoe voel jy nou
Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou
Hoe voel jy nou oor die ure wat jy my hier laat wag sonder jou
Hoe klink dit nou beloftes gaan verlore
Of moet jy net geduldig met hom wees
Sy woorde klink soos klokke in jou ore
Maar nou moet jy dit deur jou trane lees
Hoe voel jy nou
Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou
Hoe voel jy nou oor die ure wat jy my hier laat wag sonder jou
Hoe voel jy oor die wêreld wat jy voor my sit en dan weer skielig wegneem
Hoe voel jy oor die deure wat jy slaan want jy staan alleen
En dink jy ek's net daar vir al die kere wat jy my wil hê
Toe jy nou
Hoe voel jy nou
Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou
Hoe voel jy nou oor die ure wat jy my hier laat wag sonder jou
Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou
Hoe voel jy nou oor die ure wat jy my hier laat wag sonder jou
(Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou) Wat jy met klippe bou
(Hoe voel jy nou oor die ure wat jy my hier laat wag) Sonder jou

(Hoe voel jy nou oor die mure wat jy met klippe om jou bou)