Kinders Van Die Wind

Ek ken
'n Ou, ou liedjie
Van lewenswel en weƫ
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog
Die deuntjie draal
Soos vaag-onthoude grepies uit
'n Baie
Ou verhaal

Van swerwers
Sonder rigting
Van soekers
Wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte
Drome
Name
Is deur die wind verwaai
En waarheen al die woorde is
Sal net
'n Kind
Kon raai

Van swerwers
Sonder rigting
Van soekers
Wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
En eindelik was almal maar
Net kinders
Van
Die wind

Beliebteste Lieder von Steve Hofmeyr

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)