Sonder Jou

Sonder jou kom daar wolke voor die maan
Sonder jou is dit donker waar ek gaan
Want die wêreld is eensaa, en die hemel grou
Waar ek gaan
Sonder jou

Sal die water nog rinkel in die stroom
Sal die wilger nog fluister in sy droom
Sal die rose nog rooi wees en viooltjies blou
Waar ek gaan (Waar ek gaan)
Sonder jou

Kan ek bou aan 'n droom sonder jou
Moet ek gaan na 'n wêreld in die kou
Maar jou naam is die soetste wat ek sal onthou
Hiervandaan (Hiervandaan)
Sonder jou

Maar jou naam is die soetste wat ek sal onthou
Hiervandaan (Hiervandaan)
Sonder jou (Sonder jou)
Sonder jou

Sonder jou

Beliebteste Lieder von Steve Hofmeyr

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)