Die Mense Op Die Bus

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggend dou
My hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net net weggesteek

Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek plek seën
Die mense op die bus sê ja
Verspreide buie hier en daar

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna jou bynaam vergeet

Die mense op die bus will hoor
Waar het jy eers jou hart verloor?
Die mense op die bus sê, nee
Daar's baie visse in die see
My hart is amper weer gebreek
Ek het dit net net weggesteek

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggend dou

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Beliebteste Lieder von Tasha

Andere Künstler von Indie rock