Uitsondering

Moenie kwaad gaan slaap nie, dinge nie uitpraat nie
Moenie stil bly raak nie dit is nooit te laat nie
Wees die minder as jy moet
Kry so alles wat jy soek

Die uitsondering, die een van ons soort
Wie vriende na opkyk en bid dit was so
Ek's joune jy's myne die storieboek einde, die stoep waaroor ons altyd gepraat het
Dis waar ons laaste asems gelaat het
Kan ons net ‘n bietjie hoop bring, die uitsondering?

Almal om ons eindig een vir een
Ek's suinig maar ek soek jou
Jy's myne deur die goed en pyne
Sal ek seker maak ek gee alles en nog baie meer?

Die uitsondering, die een van ons soort
Wie vriende na opkyk en bid dit was so
Ek's joune jy's myne die storieboek einde, die stoep waaroor ons altyd gepraat het
Dis waar ons laaste asems gelaat het
Kan ons net ‘n bietjie hoop bring, die uitsondering?
Die uitsondering

As ek huil dan troos jy, altyd daar, reg langs my
Dit is waar jy moet bly jy kan maar my hart kry, dra hom veilig in jou sak
En moet nooit hom weg laat raak

Die uitsondering, die een van ons soort
Wie vriende na opkyk en bid dit was so
Ek's joune jy's myne die storieboek einde, die stoep waaroor ons altyd gepraat het
Dis waar ons laaste asems gelaat het
Kan ons net ‘n bietjie hoop bring, die uitsondering?

Beliebteste Lieder von Tasha

Andere Künstler von Indie rock