Die Sprokie

Jy vertel my van 'n land met sy legendes
En van sprokies wat deur dik en dun bestaan
Liefde wat te sterk was vir towenaars en ellendes
Liefde wat ons weet kan nooit vergaan

Ek weet daar is niemand wat die wêreld weer kan wysmaak
Want daar's niemand wat sal glo wat ons twee het
Sonder helde sonder hemele waar wyse hekse waak
Het jy my met 'n prins se hart kom red

In al die fabels en verhale saam was daar nog nooit 'n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
Elke keer as die boek toeslaan, fluit-fluit jou storie's uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my?
'n Held vir my, 'n held vir my?

Daar's 'n pyl en boog in al jou hart se woude
En jy stuur briefies oor my grys kasteel se muur
Buite staan jou goue koets wat heelnag teen die koue
Vlinders volg en dwergies laat bestuur

En jou swaard hang reg om reuse te verower
Want jy weet vir jou sal ek dieselfde doen
Wolwe wag om elke draai en dan is daar nog rowers
Vat my nou voor ander dit dalk doen

In al die fabels en verhale saam was daar nog nooit 'n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan, fluit-fluit jou storie's uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my?

In al die fabels en verhale saam was daar nog nooit 'n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan, fluit-fluit jou storie's uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my?
'n Held vir my, 'n held vir my

Beliebteste Lieder von Zana

Andere Künstler von Pop rock