Straattroebadoere

Tussen die donker geheime van die nag speel die straattoebadoere
Konka-concerto’s vir die Suiderkruis, Melkweg en Maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas van die straattroebadoere
En die prinse van die boendoes, grammadoelaboendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland paradys hang

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte sit en praat
Stap saam na waar die straattroebadoere
Oor verlange in hul hart sit en praat

Stap saam na waar die nagwagte sit enpraat
Stap saam waar die straattroebadoere
Oor verlange in hul hart sit en praat

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte sit en praat
Stap saam na waar die straattroebadoere
Die twintigste eeu agterlaat

Beliebteste Lieder von Zana

Andere Künstler von Pop rock