Die Here Se Kombuis
Die reën trek soos room in ‘n droë vel in
Soos kamfer in die winter sy vertroosting bring
Dan lê die Karoo so mooi geskets
Geraam in ‘n storm daar bo Beaufort Wes
Die kudus hou kerk onder ‘n ou kameelboom
En tussen rigters en ruk het daar ‘n valkie kom sit
Die Vader het druppels oor Sy baksel gesif
Die boer en sy grond het Hy saam ingeklits
En die Here se kombuis ruik soos vrede en vreug
Hy proe soos die rooigrond na ‘n vroë lentereën
En ek sien hoe Sy skepping met dankbaarheid juig
As die soet geur van genade uit Sy koolstoof uitstyg
Hy weeg toe die Bosveld en meng saadjies daarby
Van ‘n groot kremetart waar ‘n duif sy sit kan kry
Knysna was nog in die venster daaronder ‘n doek
Toe Hy die groot voete daarin sy spens loop soek
En Magaliesberg se kranse het Hy ingekerf
Vir ‘n Afrikanerkind om later te erf
Hy bak toe die Weskus en Hy sprinkel hom snoek
En Hy rol die Vrystaat uit met ‘n boer se hoed
En die Here se kombuis ruik soos vrede en vreug
Hy proe soos die rooigrond na ‘n vroë lentereën
En ek sien hoe Sy skepping met dankbaarheid juig
As die soet geur van genade uit Sy koolstoof uit styg
Die feesmaal was reg en Tafelberg was gedek
Toe die Here vir ons sê kom sit hier op My plek
En Hy’t gestaan en kyk hoe ons eet
En gehuil toe Hy sien ons het van Hom vergeet
En gehuil toe Hy sien ons het van Hom vergeet